Gesonde Seks Huiswerk #43 – Kombuis Seks


ImageGesonde Seks Huiswerk #43

Kombuis Seks

 

Ons almal weet dat die pad na ʼn man se hart deur sy maag loop. Maar, dit is darem nie die volle waarheid nie. Wanneer ʼn vrou dit geniet om saam met haar man te slaap en nie seks sien as ʼn huweliksverpligting nie, het sy beslis ʼn spesiale plek in sy hart gevind. In vandag se Gesonde Seks-huiswerk gaan ons hierdie twee waarhede meng sodat die vrou ʼn definitiewe pad na  haar man se hart toe kan vind.

 

Seks in die kombuis klink al te eroties en kinky. Passie oorval julle en al wat ʼn koppie en bord is word eensklaps van die tafel gevee om plek te maak vir die wonderlikste seks ooit. Dis dalk iets wat jy moet oorweeg . . . Dit hoef darem nie so dramaties te wees nie; dit sal dalk ʼn paar vrouens heeltemal afsit as sy sien hoe haar man haar fyn porselein teekoppies op die vloer neergooi. Sy gaan die verkeerde tipe warm onder die kraag wees!

 

Probeer dalk een van die gunsteling kombuis-seks-posisies. Die man lig die vrou op en sit haar op die kombuistafel neer. Die meeste kombuistafels is net die regte hoogte vir die man om na die volgende stap oor te gaan. Julle kan self besluit hoe ver julle hierdie kombuis-seks wil neem.

 

Dalk is jy baie ingesteld op netheid en higiëne en sal dit nou glad nie eroties wees om iewers seks te hê waar jy die volgende dag weer moet kos maak nie. Gebruik dalk net kombuis-seks as voorspel en hou dit by ʼn warm gevryery en neem dinge dan in die slaapkamer verder.

 

Maar as sulke dinge jou nie pla nie en julle kan nie lank genoeg uithou nie, sal die kombuistafel, -vloer, -stoel of stoof die perfekte plek wees om die hitte aan te draai!

 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

 

| 1 Comment

Gesonde Seks Huiswerk #42 – Ontbyt Seks


ImageGesonde Seks Huiswerk #42

Ontbyt Seks

Ontbyt in die bed is sinoniem met bederf en om iemand spesiaal te laat voel. Staan bietjie vroeër op as jou maat en glip stilletjies uit die kamer. Slaan ʼn heerlike ontbyt aanmekaar met vars lemoensap of koffie en neem dit vir jou maat wat nog snoesig in die bed lê.

Afhangend van hoe honger julle is, gaan die volgende aksie verskil. Of julle gaan die tyd neem om die ontbyt wat met soveel liefde voorberei was te geniet of julle gaan toelaat dat die passie wat in julle harte besig is om op te bou julle in ʼn heeltemal ander rigting stuur! Dit maak nie saak of jy eers wil eet of betaal vir die ontbyt in die bed nie, dit is mos nou om jou brood aan albei kante gebotter te hê!

Vind die heuning . . . Baie vrouens kla oor die feit dat hul mans nie genoeg tyd aan voorspel spandeer nie. Hier is ʼn lekker “soet” idee om dit vir julle albei pret te maak. Blinddoek jou man en begin stadig jouself ontklee. Neem die heuning of enige iets anders waarvan hy hou (biltong kan ook werk!) en plaas dit iewers op jou naak lyf. Jy kan op meer as een plek heuning smeer. Dit is dan jou maat se beurt om met sy tong die heuning te soek. 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

| 1 Comment

Maak jou saamgestelde gesin werk (Gesonde Seks Mentorskap Kursus)


Image

Image

Kursus: Maak jou saamgestelde gesin werk
Geskryf deur: Gustav en Elna Muller (Keys4Marriage)
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

ʼn Saamgestelde-gesin vorm wanneer twee mense trou en een of beide van hulle was voorheen getroud en het kinders uit die vorige huwelik. Sό ʼn gesin word ook soms ʼn hersaamgestelde-gesin of stiefouer-gesin genoem .

ʼn Gelukkige huwelik kan die beste ervaring aan hierdie kant van die hemel wees. Maar, om ʼn huwelik te laat werk, is nie kinderspeletjies nie; veral nie ʼn huwelik binne in ʼn saamgestelde gesin nie. Ek en my vrou het dit gou agtergekom nadat ons onderskeidelik baie jare terug geskei is, mekaar ontmoet het en in 1987 getroud is. Ons het ervaar dat ons huwelik, in ons saamgestelde gesin, unieke uitdagings het wat dit van ʼn eerste huwelik onderskei.

Ons het ook agtergekom dat ons nie alleen is nie, maar dat baie paartjies in saamgestelde gesinne dit nogal as uitdagend beleef. As huweliksberaders wat die afgelope sewentien jaar meer as 3000 paartjies gehelp het, hoor ons daagliks hoe paartjies in saamgestelde gesinne soek na wenke wat hulle kan help om hul huwelik te laat werk. Ongelukkig kry baie paartjies dit nie reg nie en skei hulle soms makliker en vinniger as paartjies in die eerste huwelik.

Wanneer ons met jou in hierdie kursus gesels, is dat vanuit persoonlike ervaring en ook vanuit professionele ervaring wat ons oor sewentien jaar as huwelikberaders opgedoen het.

In hierdie kursus gaan ons na vier areas kyk en vir jou wenke gee wat kan help om elkeen van hierdie belangrike areas van jou huwelik, binne ʼn saamgestelde gesin, te laat werk.

Les 1: Hoe om kinders te hanteer
Les 2: Hoe om mekaar se ekse en vorige families te hanteer
Les 3: Hoe om finansiële kwessies te hanteer
Les 4: Hoe om emosionele bagasie te hanteer

 

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoekwww.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

| 1 Comment

Werk deur julle teleurstellings (Gesonde Seks Mentorskap Kursus)


Image

Image

Kursus: Hoe om teleurstellings in die huweik te verwerk
Geskryf deur: Gustav en Elna Muller (Keys4Marriage)
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

In hierdie kursus gaan ons vier onderwerpe bespreek. In elke les bied ons perspektiewe, antwoorde op vrae, wenke, huiswerk en Bybelsturie in. Na die kursus sal dit vir jou makliker wees om teleurstelling in jou huwelik reg te verwerk.

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 – Sal ons huwelik weer herstel?
· Les 2 – Is die baie vrae, woede en moedeloosheid normaal?
· Les 3 – Vergifnis is ‘n proses
· Les 4 – Herbou die liefdeskonneksie

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

| Leave a comment

Die Hooglied-vrou (Gesonde Seks Mentorskap Kursus)


Image

Image

GESONDE SEKS MENTORSKAP 

Belê in jou verhouding met ‘n e-pos per week

Kursus: Die Hooglied-vrou
Geskryf deur: Janet en Timothy Kieswetter
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

Wie is die vrou van wie daar in Hooglied gepraat word? Sy klink so bekommerloos en sprankelend! In hierdie kursus word ons aan die Hooglied-vrou voorgestel en vind ons uit wie sy was en hoekom sy so dol gelukkig en verlief was. Hoe kan jy as vrou jou seksualiteit so baie soos sy geniet? Hoe kan jy ontslae raak van inhibisies en lae-selfbeeld en jouself oorgee aan seksuele plesier? Watse idees is daar om dinge vuurwarm in die slaapkamer te hou? Hierdie kursus beantwoord al hierdie vrae en meer!

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 – Inleiding tot die verstaan van Hooglied
· Les 2 – Wie was die Hooglied-vrou?
· Les 3 – Sy het selfvertroue gehad
· Les 4 – Die Hooglied-vrou was avontuurlustig

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

| Leave a comment

Seks na swangerskap (Gesonde Seks Mentorskap Kursus)


Image

ImageGESONDE SEKS MENTORSKAP 

Belê in jou verhouding met ‘n e-pos per week

Kursus: Seks na swangerskap
Geskryf deur: Janet en Timothy Kieswetter
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

Baie vrouens sukkel met hul libido nadat hulle geboorte geskenk het. Daar is soveel faktore wat moontlik verantwoordelik kan wees vir die verlies aan libido. In hierdie kursus bespreek Janet Kieswetter fisiese, emosionele en sielkundige redes daarvoor. Daar is ook natuurlik die nuwe pienkvoet wat ‘n vrou uitput en al haar tyd opneem. Hierdie kursus bevat praktiese raad hoe om die baba uit die slaapkamer te skuif tot wanneer om tyd te maak vir liefdemaak as die kleinding eers gebore is. Timothy Kieswetter verduidelik hoe ‘n man voel oor die nuwe rol van sy vrou as ma en hoe om nie die sexy vrou waarmee jy getrou het tussen al die vuil doeke te verloor nie!

Waarna kan jy uitsien:

· Les 1 – Kry weer jou libido terug
· Les 2 – Kry weer jou lewe terug
· Les 3 – Ma-wees en sexy-wees
· Les 4 – Waar kry ek nog tyd vir seks

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

| Leave a comment

Hoe om te breek met pornografie-verslawing (Gesonde Seks Mentorskap Kursus)


Image

Image

GESONDE SEKS MENTORSKAP 

Belê in jou verhouding met ‘n e-pos per week

Kursus: Hoe om te breek met pornografie-verslawing
Geskryf deur: Timothy Kieswetter
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

Pornografie-verslawing is sekerlik een van die onderwerpe wat ek die meeste in my spreek-kamer mee te doen kry. Dit is gewoonlik die vrou wat die man op een of ander manier uitvang en dan is die gort gaar. Sy sleep haar man aan die oor na my spreek-kamer toe en sê ek moet die demoon van wellus uitdryf.

Dan begin ek amper altyd met my eerste vraag: “Hoekom kyk hy álleen na pornografie? Hoekom kyk jy dit nie saam met hom nie?”

En dan spat die vonke eers! Jy kan sien die vrou en man het ewe skielik geen idee hoe om daarop te reageer nie, want dit is glad nie die antwoord wat hulle verwag het nie?

En dit is presies die plek waar ons moet begin om waarlik van pornografie-verslawing vry te kom. Ons moet ontslae raak van alles wat ons dink ons weet en verstaan en verwag rondom pornografie en ons moet saam as man en vrou mekaar ondersteun om sterker aan die ander kant uit te kom.

Ontspan maar, die einddoel van hierdie kursus is nie om die vrou te kry om saam met die man pornografie te kyk nie!

Aan die einde van die kursus sal jy beter insig hê oor jou eie en jou maat se seksuele drange en instink. Ek gaan ook vir jou tegnieke en wenke gee hoe om jou en/of jou maat se pornografie-verslawing onder die knie te kry.

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 – Hoekom is ons so bang vir pornografie?
· Les 2 – Wat is pornografie nou eintlik?
· Les 3 – Moontlike oorsake van pornografie verslawing
· Les 4 – Ses stappe om met pornografie-verslawing te breek

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur ‘n epos na gesondeseks@gmail.com

 

| Leave a comment